Brekende nuus: Helikopter stort in Brakpan neer

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Berig is pas ontvang dat ‘n helikopter met twee insittendes kort gelede in Brakpan-Noord aan die Oos-Rand, Gauteng agter ‘n skietbaan neergestort het. Die voorval is om ongeveer 10:20 gerapporteer.

Die twee insittendes is volgens inligting ernstig beseer. Een van die beseerdes word per helikopter na ‘n hospitaal geneem. EMS-personeel is reeds op toneel.

Die berig sal opdateer word soos wat inligting beskikbaar gestel word.

Bron: Anoniem

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.