Twee persone van die Zandfontein-area, Brits, Noordwes is op 24 November om ongeveer 15:15 onderskeidelik ernstig en minder ernstig tydens ‘n plaasaanval beseer.
Na bewering het ‘n onbekende aantal verdagtes, gewapen met ‘n byl, mes en handwapen, die twee persone in hul huis oorval en beseer agtergelaat terwyl hulle met geld en juweliersware van die toneel gevlug het. Die verdagtes was glo ook na vuurwapens op soek, maar kon nie kry nie.
Afriforum Brits-tak saam met Monitor Net-sekuriteit is na die toneel ontbied. Een van die beseerdes is deur H.E.M.S na ‘n hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.
Die toneel is aan die polisie oorhandig vir verdere ondersoek.
FiND iT het die polisie vir kommentaar gevra.
Bron: AfriForum Brits
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



