Man (54) spring vermoedelik van Hartbeespoortdam-wal

Deel hierdie storie / Share this story

Man (54) van Brits is dood nadat hy vermoedelik Donderdagoggend 24 November van Hartbeespoortdam se wal af gespring het.

Kapt. Aafje Botma sê die man se liggaam is op die rotse onder die damwal naby die tonnel gevind.

Die damwal was vir verskeie ure gesluit terwyl polisie, sowel as ‘n soek-en-reddingspan van SRU HiRisk Unit die liggaam herwin het.

Geen misdaad word vermoed nie, maar ‘n geregtelike doodsondersoek is geregistreer na die omstandighede wat gelei het tot die man se vermoedelike selfdood.

Bron: Kormorant

Indien jy of enigeen wat jy ken hulp nodig het, skakel die Suicide Crisis Helpline by 0800 12 13 14.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.