CJ Kruger (14), ‘n leerder in graad 7, verbonde aan Laerskool Kameelfontein in Pretoria, is Sondag oorlede tydens ‘n ernstige asma-aanval.
Sakura Kai Karate, waar hy ‘n student was, het hul skok en hartseer uitgespreek oor die swartgordelkarateka wat so skielik gesterf het.
Die skool het die aankondiging van Kruger se dood en boodskap van medelye op hul Facebook-blad bekend gemaak.
Hy laat sy ma, Yvonne en broer, Sakkie agter.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



