Willem sal Dinsdag op familieplaas begrawe word

Deel hierdie storie / Share this story

Die 29-jarige Willem Kruger wat vir 10 dae vermis was voordat sy bakkie met sy liggaam nog daarin in die Vaalrivoer gevind is, sal Dinsdag 28 November 2022 op hul familieplaas, Doornpan, begrawe word.

Daar sal ‘n uitsending op Facebook van die begrafnis wees.

“Weereens baie dankie vir elke persoon wat vir ons gebid het en vir elke boodskap. Ons is almal ewig dankbaar. Baie dankie vir elke liewe mens wat ons help soek het. Daar is nie woorde wat ons dankbaarheid kan beskryf nie.

Willem Kruger, ek mis jou alreeds meer as wat ek kan beskryf. Jy was die beste boetie/seun/oom/vriend. Ons WONDERWERK WILLEM!!! Ek is ONEINDIG BAIE LIEF VIR JOU!!!!!!!!!!!,” het sy suster, Melissa Viljoen, op Facebook geskryf.