Mediese Redding red ‘n ander tipe ‘pasiënt’

Deel hierdie storie / Share this story

IPSS Medical Rescue het gister ‘n babakat vanuit ‘n dreineringspyp in Tongaat in KwaZulu-Natal gered.

Die reddingsdiens het kennis gekry van ‘n babakat wat in die pyp vassit.

Met hul aankoms op die toneel het hulle gevind dat die babakat binne-in ‘n stormwaterdreineringspyp vassit.

Na verskeie pogings om die dier te te bereik, is die babakat uiteindelik deur die reddingswerkers se vernuf en geduld gered. Na die susesvolle redding is die kat na die Aloe Veterninary Clinic in Ballito geneem vir ‘n ondersoek en sal dan vir aanneming beskikbaar wees.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.