Vyf mans en een vrou is Sondagoggend dood toe die bestuurder van ‘n sportnutsvoertuig in Mpumalanga op die R35-Bethalpad beheer verloor en gerol het en die voertuig op die N4-snelweg wat onder hulle deurloop, beland het.
ER24 paramedici is na die toneel uitgeroep en het om ongeveer 06:30 op die toneel aangekom waar hulle die voertuigwrak met drie persone binne-in en drie buite die voertuig gekry het.
Daar kon niks vir die ses gedoen word nie en almal is dood verklaar. Dit blyk asof die insittendes almal van die impak in die noodlottige ongeluk dood is.
Alle rolspelers wat op die toneel en die oorsaak wat tot die ongeluk kon gelei het word ondersoek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



