Meer as 20 mense verdrink in twee maande in Limpopo

Deel hierdie storie / Share this story

Meer as 20 mense het in die laaste twee maande regoor die Limpopo-provinsie verdrink sedert die reënseisoen begin het.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê lede van die polisie se soek-en-reddingspan is baie besig met die verskeie oproepe oor verdrinkings in die provinsie.

Die laaste voorval is die verdrinking van twee skoolkinders by verskillende plekke in die Sekhukhune-distrik.

‘n Twaalfjarige seuntjie, Thabiso Madire, van Praktiseer buite Burgersfort het glo op 23 Novemberby die Tubatse-rivier ingespring en verdrink. Sy liggaam is kilometers van waar hy verdrink het, gevind.

Saterdag het ‘n 18-jarige jongman, Gift Mitchel, in die Olifantsrivier verdrink.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel