Selfdood is ‘n ongelooflike moeilike onderwerp om oor te praat. Dit is elke ouer en geliefde se ergste nagmerrie. Wanneer dit gebeur, kom dit altyd as ‘n groot skok. Mense is verstom, vra hulself hoe hulle beter kon doen, is kwaad vir hulself omdat hulle nie die waarskuwingstekens gesien het nie en hulle is verpletter oor die lewensverlies.
Die realiteit is dat selfdood “closer to home” is as wat ons besef. Volgens die Suid-Afrikaanse Depressie en Angsgroep het byna 800 000 mense in 2019 hul lewens weens selfdood verloor, en Suid-Afrika self het die sesde hoogste selfdoodsyfer in Afrika.
Met depressie wat byna 4,5 miljoen Suid-Afrikaners affekteer en een van die hoofoorsake van selfdood is, moet ons onsself afvra hoe ons diegene wat in gevaar is, kan bystaan. Ouers is bekommerd dat om oor hierdie dinge te praat, hulle kinders “idees” sal gee. Baie mense is ook geneig om die onderwerp heeltemal te vermy omdat dit so ongemaklik is.
Tog is die enigste manier om die kwessie aan te pak, om in eerlike gesprekke oor depressie, angs en ja, selfs selfdood, betrokke te raak.
Een van die simptome van depressie is ‘n gevoel van isolasie. Persone wat aan depressie ly, voel telkens dat geen ander mens verstaan hoe hulle voel nie en dat hulle nie met familie of vriende kan praat nie.
Dus, wat sê ons wanneer ‘n persoon vir wie ons omgee vir ons sê dat hulle depressief is en nie meer wil lewe nie? Ons hoef nie noodwendig iets te sê nie, ons moet luister. Ons moet hulle glo wanneer hulle sê hulle cope nie. Ons moet met vriendelikheid, begrip en met empatie met hulle praat. Ons moet wegbeweeg daarvan om te dink dat ons depressie kan regstel deur “hard” te wees. Ons moet verstaan dat geestesgesondheidskwessies en mediese toestande is ‘n werklikheid en dat dit deur kundiges behandel moet word.
Ons moet ons geliefdes in staat stel om die regte geestesgesondheidspraktisyn te vind en hulle regdeur die gesondword-proses ondersteun.
Om uit te reik vir hulp kan uitdagend wees. Een van die voordele om ‘n platform soos TherapyNow te gebruik, is dat jy die regte berader uit ‘n aantal uitstekende opsies kan kies. Die beraders by TherapyNow is almal toegewyd om hul kliënte te help en bied ‘n veilige omgewing sonder oordeel om genesing te fasiliteer. Kry ons by www.therapynow.co.za.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



