‘n Wit Toyota Etios het Sondagoggend in die kanaal op die M25 in KwaMashu, KwaZulu-Natal beland.
Reaction Unit South Africa (Rusa) sê van sy lede was besig met patrollie toe hulle die Toyota omstreeks 05:14 op sy dak in die kanaal gewaar het.
Volgens Rusa is die bestuurder ernstig beseer toe sy voertuig van die pad af gegaan en in die kanaal beland het.
Hy is na ‘n hospitaal geneem vir behandeling.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



