Een dood, 16 beseer toe taxi rol

Deel hierdie storie / Share this story

Een persoon is dood en 16 ander beseer toe ‘n minibustaxi Sondagoggend vroeg op die N1 in die Hatfield-area gerol het.

Volgens Emer-G-Med het die taxi verskeie kere gerol.

‘n Volwasse man van ongeveer 30 jaar oud is op die toneel dood verklaar.

Sestien ander passasiers is op die toneel behandel en gestabiliseer voor hulle na mediese fasiliteite geneem is vir behandeling.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel