Drie geïdentifiseer wie se liggame by Maleoskop gevind is

Deel hierdie storie / Share this story

Drie persone wie se liggame op 24 November by Maleoskop, vorige polisieopleidingskollege, op Groblersdal, Limpopo, by ‘n hek gevind is, is geïdentifiseer.

Kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, sê die liggame is positief geïdentifiseer as Alfred Ndlovu, Lovemore Mhlanga en Wanda Makuyani van Kwaggafontein in Mpumalanga.

Die liggame het veelvuldige beserings gehad. Dis vermoedelik tussen Woensdag 23 November om ongeveer 18:00 en Donderdag 08:00 opgedoen.

Na bewering het ‘n Ford Ranger-bakkie met vier insittendes by die fasiliteit se hek opgedaag en gesê dat hulle glo ‘n persoon by ‘n ou myn, genaamd Blueridge, wat op die perseel geleë is, gaan besoek.

Die voertuig is glo die volgende dag verlate buite die hoofhek en langs die pad met die drie liggame binne-in gevind.

Die vierde persoon is steeds soek.

Die motief vir die drie se moorde is onbekend, maar die ondersoek duur voort.

Enigiemand met inligting kan s/kapt. Mphake Masemola by 082 724 2855 kontak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.