Twee verdagtes sal binnekort in die Tierpoort-landdroshof verskyn vir hulle beweerde betrokkenheid by veediefstal op ‘n plaas in die Tierpoort-distrik.
Die voorval waarin 36 skape gesteel is, is op 24 November by die polisie aangemeld. Die polisie het die saak opgevolg en drie verdagtes is glo op heterdaad betrap waar hulle die skape gelaai het.
Sers. Mahlomola Kareli, polisiewoordvoerder, sê die polisie kon twee verdagtes in hegtenis neem en die derde verdagte het gevlug.
Die waarde van die gesteelde skape is volgens sers. Kareli R108 000.
Die verdagtes is beide 40 jaar oud.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



