Gr. 3-leerling van Rustenburg in ernstige motorongeluk

Deel hierdie storie / Share this story

Melanie le Grange, ‘n graad 3-leerling aan Laerskool Vastrap in Rustenburg, was Donderdag in ‘n ernstige motorongeluk betrokke.

Die skool sê op Facebook dat Le Grange tans by Netcare Garden City-hospitaal in Johannesburg opgeneem is.

“Ons vra dat die Vastrap-gemeenskap asseblief vir hierdie maat en haar gesin in gebed sal tree.”