Action Society skryf Bheki Cele se bedankingsbrief namens hom

Deel hierdie storie / Share this story

Action Society, burgerregte-organisasie, het ‘n bedankingsbrief namens Bheki Cele, die minister van polisie geskryf.

Die brief sal vandag aan hom oorhandig word en moet net geteken en ingedien word.

Dit volg nadat misdaadstatistieke gister vrygestel is en die organisasie die afdanking van die minister al geruime tyd eis omdat hy nie in sy doel slaag om misdaad in Suid-Afrika hok te slaan nie.

Die organisasie se petisie dat die minister afgedank word, is reeds deur ‘n allemintige 130 000 mense onderteken.

Ian Cameron, woordvoerder van die organisasie, sê die brief bevat al die minister se mislukkings opgesom oor die tydperk wat hy as polisieminister dien.

Bron: Pretoria FM

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.