Perfek vir die Kersfees-koekieblik!
Bestanddele:
1 k grondboontjiebotter (glad of grof)
1 k wit suiker
1 eier, geklits
Metode:
Voorverhit die oond op 180 °C.
Meng al die bestanddele saam.
Vorm okkerneut-grootte bolletjies en pak ‘n entjie uitmekaar op ‘n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer of met Spray & Cook gespuit is.
Druk liggies met vurk plat.
Bak vir 10-15 minute tot goudbruin en bros.
Laat in die pan afkoel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



