Regsgeding teen Trump oor beweerde verkragting in die 1990’s

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Bygewerkte regsgeding is Donderdag teen Donald Trump ingedien oor ‘n Amerikaanse joernalis wat beweer dat Trump haar in die 1990’s verkrag het.

Die nuwe Wet op Volwasse Oorlewendes het Donderdag in New York in werking getree en die regsgeding is enkele minute daarna ingedien.

Volgens Aljazeera laat die wet slagoffers van beweerde seksuele misbruik toe om misbruikers te dagvaar, dekades na die aanvalle plaasgevind het.

E Jean Carroll, joernalis en voormalige rubriekskrywer van Elle, beskuldig Trump daarvan dat hy haar met geweld verkrag het. Trump ontken die beweringe en het voorheen gesê dat Carrol “nie sy tipe” is nie.

Sy het reeds in 2019 ‘n naamskendingsaak teen Trump geopen na hy die beweringe ontken het. Die verhoor sal in Januarie 2023 plaasvind.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel