Vrou deur buurseun met mes gesteek

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vrou (33) is Woensdag in Gardenstraat, Grangetown, KwaZulu-Natal tydens ‘n rusie met ‘n buurseun (15) in die gesig gesteek.

Reaction Unit South Africa is na die toneel uitgeroep. Beamptes het om ongeveer 16:36 op die toneel aangekom.

Na bewering het die tiener ‘n kaktus in ‘n oprit van bure afgesny toe hy deur drie vroue gekonfronteer is. Hy het sy ouers gaan roep wat die plant bekyk het. Hulle is deur die drie vroue gekonfronteer, waarna die tiener en sy ouers glo die bure fisies aangerand het.

Die seun het glo ‘n groot kombuismes te voorskyn gebring en een van die vroue bokant die oog gesteek. Die vrou is deur familielede bygestaan, waarna die tiener en sy ouers glo na hul huis gevlug het.

Die vrou is na mediese behandeling deur Rusa-beamptes met ‘n ambulans na ‘n hospitaal vervoer.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.