Die liggaam van ‘n beweerde gekaapte slagoffer is Woensdag in ‘n sloot in Jabu Ngcobostraat, Tea Estate, Inanda, KwaZulu-Natal gevind.
Verulam-polisie het Rusa om ongeveer 12:44 gekontak om ‘n persoon dood te verklaar.
Met hulle aankoms op die toneel het hulle ‘n slagoffer se liggaam met ‘n skoenveter wat om sy nek gebind was in ‘n sloot aangetref. Dit het voorgekom asof die slagoffer verwurg is. Hy het ook ‘n wond aan sy regterarm gehad.
Na bewering is die slagoffer en ‘n vriend Dinsdag in Amoutana, KwaZulu-Natal van ‘n swart Toyota Tazz gekaap. Die slagoffer se vriend, wat in die kattebak toegesluit was, het glo daarin geslaag om te ontsnap, maar die slagoffer was daarna vermis.
Sy lewelose liggaam is na ‘n soektog in die sloot gevind.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



