Polisie bevestig dood van 15 mnde oue kind deur pitbull in Oos-Kaap

Deel hierdie storie / Share this story

Polisie in die Oos-Kaap het die dood van ‘n 15 maande oue kind wat gisteraand deur ‘n pitbull te Cambridge, Gonubie Plaas, in Oos-Londen verskeur is, bevestig.

Brig. Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder, sê die kind het met die bure se pitbull in ‘n erf gespeel toe ‘n persoon met ‘n ander hond verbystap. Na bewering het die pitbull waarmee die kind gespeel het, begin blaf en probeer uitkom om by die verbygaande hond uit te kom. Toe die hond nie kon uitkom nie, het hy teruggekeer na die kind en hom gebyt.

Paramedici het die kind per ambulans na ‘n nabygeleë hospitaal geneem, maar hy het aan sy beserings gesterf.

‘n Geregtelike doodsondersoekdossier is geregistreer en word ondersoek.

Die voorval is by die DBV aangemeld.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.