‘Bokkie’ (5) en pa dood gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Shaydino “Bokkie” Padda (5) wat as vermis aangemeld is en laas by ‘n snoepwinkel in Emalahleni gesien is, se liggaam is gekry.

Die Witbank-polisie het sy liggaam in ‘n oop veld in Van de Venterstraat naby King George-park gekry. Hy was ongelukkig reeds oorlede. Sy familie het hom op die toneel geïdentifiseer.

Sy pa se liggaam is na bewering vroeër by Hoërskool Hertzog wat in Claridonstraat Emalahleni geleë is, gevind. Dit is ‘n paar blokke weg vanwaar die kleuter gevind is. Sy pa het vermoedelik selfdood gepleeg.

‘n Moordsaak is by Witbank-polisiestasie geregistreer nadat die seun se liggaam opgespoor is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.