‘n Amerikaanse vrou (64) wat na Suid-Afrika gereis het om ‘n troue by te woon en veronderstel was om Woensdag na haar tuisland terug te keer, is steeds vermis.
Stan Bezuidenhout van IBF Investigations het pas aan FiND iT bevestig dat die polisie nou betrokke is en binnekort die beeldmateriaal van waar Sherry Waite (64) laas gesien is, sal gaan haal. Dit na daar na bewering geweier is om die beeldmateriaal aan bekommerde familie te oorhandig.
Waite is op 22 November om 10:00 by die Intercontinental-hotel by die OR Tambo- internasionale lughawe afgelaai. Die hotel het bevestig dat sy daar afgelaai is, maar dat sy nooit ingeboek het nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



