Ma op slag dood kinders oorleef ongeluk

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Ma van Bloemfontein is Woensdag 16 November 2022 op slag dood in ‘n ongeluk. Haar twee kinders was saam met haar in die motor.

Geraldine Venter (32) se Toyota Tazz het reg van voor met ‘n Izuzu bakkie gebots. Volgens ‘n verklaring deur die polisie het die ongeluk 2 km van hul huis in Olive Hill gebeur.

Venter se man, Francois (34), was ten tye van die ongeluk in Johannesburg.

Geraldine en die kinders, Francois jr. (7) en Lisa (11) was op pad huis toe nadat sy hulle by ‘n laerskool in Bloemfontein laerskool opgelaai het.

Daar word Vrydag vir haar ‘n roudiens gehou.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel