Sherry Waite, die Amerikaanse vrou wat in Suid-Afrika tussen die hoteldeur en ontvangstoonbank vermis geraak het, is gevind.
Stan Bezuidenhout van IBF Investigations het pas aan FiND iT bevestig dat Waite tot in San Diego gevlieg het.
Die polisie in San Diego het haar by die lughawe gaan haal en na ‘n hospitaal geneem vir evaluasie.
“Ek wil almal vanuit die diepte van my hart bedank vir alles wat julle gedoen het om met hierdie situasie te help,” sê Bezuidenhout.
Haar bagasie is steeds in Suid-Afrika en Bezuidenhout sê dis nie seker wat deur haar kop gegaan het nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



