Tian Kruger, Willem Kruger se pa, het vandag ‘n verklaring uitgereik ná sy seun se liggaam Dinsdagoggend in die Vaalrivier gevind is.
Lees die verklaring hier:
“Dinsdag, 22 November 2022 om 10:00 het die duikers ‘n staalstruktuur ontdek in die Vaalrivier naby Henbase Lodge, wat toe as Willem Kruger se Toyota Hilux bakkie geidentifiseer is.
Die voertuig is uit die Vaalrivier gehaal en Willem se liggaam is ook gevind.
Die saak word beheer deur die SAPD in samewerking met Mnr. Sakkie Louwrens van Bosveld Misdaad Ondersoeke.
Die voertuig is gestuur vir forensiese analise en daar sal ‘n nadoodse ondersoek op Willem se liggaam gedoen word.
Baie dankie aan Mnr. Sakkie Louwrens en sy span wat van die begin af die ondersoek en soektog hanteer het en alle inligting met die SAPD gekoördineer het.
Van die familie se kant af wil ons almal wat hulp verleen het tydens die soektog bedank asook elke persoon wat ons en Willem in hul gebede opgedra het. Ons is oneindig dankbaar vir al die ondersteuning.
Vir enige verdere inligting of navrae, kan Mnr. Sakkie Louwrens gekontak by 071 798 7954.” – Bosveld Misdaad Ondersoeke
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



