Jong heldin deur drie pitbulls aangeval terwyl sy baba red – video van honde wat verbrand word

Deel hierdie storie / Share this story

Video deur Cape of Good Hope DBV in berig, NIE VIR SENSITIEWE LESERS NIE!

Genoline Louw (9) van Rylands het sonder om te dink tussen Andrea (1), die bure se dogter wat sy gedra het en drie pitbulls inbeweeg toe die honde hulle Sondagmiddag in Gatesfield aanval.

Na bewering het die drie loslopende honde deur die informele nedersetting beweeg.

Genoline het die aanval oorleef, maar het aan skok gely en het beserings aan haar kop, arm en bytmerke oor haar lyf.

Mustapha Armstrong (72), Genoline se oupa, sê sy het eers die baba bokant haar kop opgelig om te keer dat die honde nie by haar uitkom nie. ‘n Winkeleienaar het probeer help deur een van die honde met sy motor te stamp. Genoline het die oomblik gebruik om die baba vir iemand te gooi terwyl sy gebyt is.

Nadat die honde haar gelos het, het hulle ‘n ander persoon aangeval en daar is met Genoline na ‘n hospitaal toe gehaas.

Charles Baartman het vir Genoline gered toe hy die honde van haar probeer wegkeer het en hulle hom ook aangeval het. Hy het stilgestaan en bytwonde aan sy hand en been opgedoen.

Dieselfde middag het die honde Ricardo Myburgh se kleinseun (3), wat saam met sy ma was, probeer aanval. Ricardo het met die honde baklei om hulle af te weer en het krap- en bytmerke van die aanval oorgehou.

Die gemeenskap het die drie honde met klippe bestook en aan die brand gesteek.

Cape of Good Hope DBV is van die voorval in kennis gestel en het uitgegaan na waar die drie honde steeds aan die brand was. Die beampte het die vlamme geblus, maar die honde het omgekom.

Jaco Pieterse, die DBV se hoof-Inspekteur, sê: “We urge the public to contact the SPCA if a dog behaves aggressively or tries to bite someone. We will take the dog immediately. People must not take matters into their own hands – no animal deserves to endure brutality and suffering.”

Lees die verklaring van die DBV hier:

The Cape of Good Hope SPCA was alerted to the brutal killing of three pit bulls who were also set alight by community members in Gatesville, Athlone.

According to the report received by the SPCA – the second incident of dogs being set alight in one weekend – the dogs had attacked a young girl in a Gatesville field. The child sustained severe injuries and had to be rushed to a nearby hospital for treatment.

The community took matters into their own hands and attacked the dogs – stoning, stabbing and hitting the animals with various objects before burning them to death.

SPCA inspector Jeffrey Mfini, who rushed to the scene after the SPCA received the report, found the dogs still burning. Mfini extinguished the fire, but all the animals had succumbed to their injuries.

The dogs’ bodies were taken to the SPCA premises in Grassy Park, where post-mortems will be conducted.

Bron: Cape of Good Hope SPCA en Daily Voice: Mandilakhe Tshwete

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.