Willem Kruger se bakkie gaan deur die forensiese span by die polisie ondersoek word.
Dit sal meer duidelikheid gee oor hoe die bakkie in die rivier beland het.
Kruger het Sondag 12 Novemeber ‘n ramparty by die Henbase Lodge op die rivieroewer buite Morgenzon bygewoon.
Na bewering het Kruger homself misgis met die stuk plaveisel op die rivieroewer en met sy bakkie in die rivier, wat in vloed was, beland.
Tian Kruger, sy pa, het Woensdag in ‘n kort verklaring almal bedank vir hul hulp.
“Ons bedank elkeen wat ons en vir Willem in hul gebede opgedra het. Ons is oneindig dankbaar vir al die ondersteuning.”
Geen begrafnisreëlings is nog getref nie.



