WAARSKUWING: NIE VIR SENSITIEWE KYKERS NIE
‘n Man is Maandagaand in ‘n ambulans dood toe die gemeenskap van Atteridgeville in Gauteng in ‘n voorval van boendoegeregtigheid op die ambulans toegesak het.
Volgens Nomantu Nkomo-Ralehoko, provinisale LUR vir gesondheid, is paramedici omstreeks 19:44 na die toneel ontbied waar gemeenskapslede die man aangeval het.
“Die pasiënt het reeds op die grond gelê en was deur die gemeenskap omring,” sê Nkomo-Ralehoko. “Paramedici het met die pasiënt se behandeling begin en was op pad om hom na ‘n hospitaal te neem toe die gemeenskap die ambulans met klippe bestook het.



Die pad voor die ambulans is ook deur gemeenskapslede versper om te verseker dat hulle nie kon wegkom nie.
Die man is daar verder in die ambulans aangerand, die ambulans is beskadig en van die toerusting is gesteel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



