Cristiano Ronaldo se kort verklaring na hy Manchester United verlaat

Deel hierdie storie / Share this story

Die bekende sokkerster Cristiano Ronaldo het in ‘n verklaring van slegs 57 woorde gesê dat daar na gesprekke tussen hom en Manchester United saam die besluit geneem is om sy kontrak vroeër te beëindig.

Die 37-jarige Ronaldo het Dinsdag die nuus dat hy die klub verlaat, bevestig, na ‘n onderhoud met Piers Morgan waarin hy die klubbestuurder, Erik ten Hag, die klub en sy spanmaats sleggemaak het.

Ronaldo sê in die verklaring dat sy “liefde” vir die klub en die ondersteuners “nooit sal verander nie”.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel