Stemboodskap oor ‘totale ineenstorting’ is vals, sê Eskom

Deel hierdie storie / Share this story

Suid-Afrikaners is sedert die begin van die week paniekerig na ‘n stemboodskap wat glo deur ‘n Old Mutual-amptenaar opgeneem is, wyd op sosiale media versprei het.

In die stemboodskap beweer die “amptenaar” dat die land se kragnetwerk ‘n totale ineenstorting sal ervaar, president Cyril Ramaphosa ‘n nasionale ramptoestand sal aankondig, dieselverkope opgeskort sal word en daar vir vier tot veertien dae ‘n algehele stilstand wat elektrisiteitsvoorsiening betref in die land sal plaasvind.

Eskom het Dinsdag in ‘n twiet bevestig dat hy bewus is van die stemboodskap wat “versprei word om paniek te saai”.

Eskom sê hy het Old Mutual van die boodskap in kennis gestel en dat daar “geen gronde” vir die boodskap is nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel