Interessante feit: Dís hoekom KFC net 11 op Twitter volg

Deel hierdie storie / Share this story

KFC volg slegs 11 ander rekeninge op Twitter… en daar is ‘n slim rede daarvoor.

Die kitskosrestaurant is bekend vir sy 11 “geheime geurmiddels” wat kruie en speserye bevat. KFC se Twitter-rekening volg dus die vyf Spice Girls en ses mense met die naam Herb.

Die resep vir die 11 geheime geurmiddels wat gebruik word om KFC-hoender te geur, word tans glo in ‘n kluis in Louisville by die restaurant se hoofkantoor bewaar.

KFC, voorheen ook bekend as Kentucky Fried Chicken, het die eerste keer in 1952 in Utah oopgemaak.

Kolonel Harland Sanders, ‘n entrepreneur, het hoenderstukke langs die pad verkoop voor sy restaurant wêreldwyd bekend geraak het.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.