Handskoengeskenk: Idee vir ‘n vriendin

Deel hierdie storie / Share this story

As jy ‘n vriendin het wat mal is oor bak en brou, is hierdie idee perfek vir ‘n Kersgeskenk.

Koop ‘n lekker groot oondhandskoen en maak dit vol met enigiets wat sy in die kombuis kan gebruik. Hieronder is ‘n paar idees:

verskillende houtlepels
handrasper
kombuiskwassies
eierspaan
termometer
groenteskiller
handklitser
Bak dalk ook ‘n paar koekies wat jy in sellofaan in die handskoenpakkie kan sit.

Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel