‘n Vrou en ‘n baba van 13 maande oud is Sondagaand dood en ses ander is ernstig beseer tydens ‘n botsing wat op die N1 by Rawsonville in die Wes-Kaap plaasgevind het.
Volgens ER24 het paramedici omstreeks 20:30 op die toneel aangekom. ‘n Vrou en die baba van 13 maande oud het in die pad gelê terwyl ses ander mense langs die pad gesit het.
Die voertuig waarin vyf persone was, het met drie voetgangers gebots. Die vroulike voetganger en die kind is op die toneel dood verklaar.
Die bestuurder van die motor was in ‘n ernstige toestand en die ander vier insittendes het ligte tot matige beserings opgedoen.
Die beseerdes is na onderskeie hospitale geneem vir behandeling.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



