Vyf persone is dood in ‘n ernstige botsing op die N1-29/Huddlepad, noord voor die Boabab-tolhek in Vhembe in die Limpopo-area.
Na bewering het ‘n minibustaxi met ‘n sleepwa reg van voor met ‘n sedan gebots.
Vyf persone, waaronder die bestuurder, twee volwassenes en twee kinders wat in die minibustaxi was, is op die toneel dood verklaar. Twee ander persone wat beseer is, is na mediese fasiliteite geneem vir verdere mediese hulp. Plaaslike owerhede was op die toneel vir die nodige ondersoeke.
Die departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid in Limpopo sê die oorsaak wat tot die botsing gelei het, word nog ondersoek.
Die pad is weer oopgemaak vir verkeer.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



