Video: Suid-Afrika se ‘The Kiffness’ op The Tonight Show – Jimmy Fallon

Deel hierdie storie / Share this story

In die video verskyn Suid-Afrika se bekende The Kiffness op die The Tonight Show met aanbieder Jimmy Fallon. Jimmy Fallon het die verwerking aangekondig as die laaste liedjie van die aand.

Die liedjie is: How to make a song with your neighbour’s cat.

Jimmy Fallon is vreeslik aan die lag wanneer die kat se stem in die video begin speel en dan begin hy dans op die maat van die musiek saam met die musikante in die ateljee. Jimmy sê ook so tussendeur dat hy dink dit is ‘n hit. Dit was op die deel van die program wat jy kan instuur vir [email protected]

The Kiffness het onder meer die Bheki Cele en Ian Cameron Sjarrap-verwerking gedoen en ook van die Amber-Heard-en-Johnny-Depp-verhoor.

Hy het deur ‘n verwerking van ‘n Oekraïense volksliedjie geld vir Oekraïne ingesamel en het selfs meer onlangs oorsee getoer met uitverkoopte konserte.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.