Indien jy die naweek rugby gekyk het, het jy dalk ook die gevoel gehad dat die volkslied té stadig gesing is.
Sommige sien dit as ‘n interessante weergawe van die volkslied Nkosi Sikelel’ iAfrika wat by die Stadio Luigi Ferraris gesing is.
Die weergawe het egter sosiale media aan’t gons. Daar word gesê dat Nicole Magolie toeskouers tot trane verveel het met die stadige begeleiding van die lied.
Wat dink jy van die weergawe? Interessant of ‘n vernedering vir Suid-Afrika?
Die Springbokke het ‘n oortuigende oorwinning met 63-21 in die sak gesit.
Bron: Sports Brief World en Springbokfans
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



