1000-Lb. Sisters-ster getroud

Deel hierdie storie / Share this story

Tammy Slator, ster van die realiteitsreeks 1000-Lb. Sisters, is nou ‘n getroude vrou!

Die 36-jarige Slaton en Caleb Willingham het Saterdag ewige trou aan mekaar beloof. Die troue het by Windsor Lane-rehabilitasiesentrum in Gibsonburg, Ohio, plaasgevind.

“Julle almal het my as Tammy Slaton geken, maar nou sal almal my as mev. Tammy Willingham ken. Ek is nou getroud!”

Die paartjie het mekaar by die rehabilitasiesentrum ontmoet en daar verlief geraak. Volgens TLC het hulle 30 familielede en vriende na die klein seremonie genooi.

Caleb het in Oktober die ja-woord gevra.

Die paartjie se troue sal op 17 Januarie in ‘n nuwe reeks van TLC se reeks, 1000 Lb. Sisters, gesien kan word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel