‘n Ma van een wat agt jaar gelede haar neus in haar stryd teen kanker verloor het, het uiteindelik ‘n nuwe neus – na dit op haar arm gegroei het.
Die Franse vrou, slegs as Carine bekend, moes ‘n gedeelte van haar neus laat verwyder as deel van behandeling vir sinuskanker in 2013.
Alhoewel die operasie haar lewe gered het, het sy steeds haar reuksintuig verloor.
Voor Carine die kankerbehandeling ondergaan het, het dokters ‘n 3D- gedrukte neus van biomateriaal gemaak en dit gevries.
Vanjaar is die “neus” onder haar vel in haar voorarm ingeplant waar selle en bloedvate in die afgelope twee maande met die “neus” saamgegroei het.
Twee maande later is die “neus” op haar gesig oorgeplant en die bloedvate is aan dié van haar slape verbind.
Carline sê haar nuwe neus help haar om beter asem te haal en dat sy nou ook weer die blomme in haar tuin kan ruik. Sy sal nog ‘n operasie moet ondergaan voordat sy gevoel in haar neus sal terugkry. – Daily Mail
FiND iT het in 2020 berig van Malcolm MacDonald, ’n werktuigkundige van Norfolk in Engeland, wat gedink sy lewe is verby toe ’n infeksie sy penis in 2014 laat afval het. Dokters het toe, vir die eerste keer in die mediese geskiedenis, vir hom ‘n nuwe penis aan sy voorarm laat groei. Lees die berig hier.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



