Man se penis val af, toe groei hy ’n nuwe een op sy arm

Deel hierdie storie / Share this story

“Ek kan nie draf nie, want dit swaai rond. Ek kan nie ’n kortmouhemp dra nie. Ek kan nie saam met my kinders gaan swem nie.”

Malcolm MacDonald, ’n werktuigkundige van Norfolk in Engeland, het gedink sy lewe is verby toe ’n infeksie sy penis in 2014 laat afval het.

“Ek was buite myself toe ek dit sien swart word. Dit was soos ’n gruwelfliek. Ek was onsettend paniekerig,” sê MacDonald.

“Toe val dit net eendag op die vloer.”

Hy het vir maande soos ’n ‘skadu van sy ou self’ gevoel. Die geskeide pa van twee het ’n kluisenaar geword en homself aan drank vergryp.

Toe ’n kenner aangebied het om vir hom ’n nuwe penis te vorm deur sy eie vel te gebruik, het hy die geleentheid aangegryp. Dit is die eerste keer in die mediese geskiedenis dat so iets gedoen word.

Daar is van sy voorarm se vel gebruik gemaak en die penis is aan sy voorarm geheg. Dit moes vir twee jaar daar groei voor dit op die regte plek vasgeheg kon word.

Danksy sy dokter kan MacDonald met die hulp van ’n handpomp ‘n ereksie kry. Hy is vol vertroue dat hy eendag weer eenvoudige dinge soos om toilet toe te gaan en intiem te wees, sal kan geniet, maar tot dusver was daar baie struikelblokke.

Die aanvanklike plan was dat die penis vir twee jaar op sy arm sou groei, maar dis al vir die afgelope vier jaar daar.

“Natuurlik is dit gek om ’n penis aan jou arm te hê.”

Die penis sou in 2018 na sy lies verskuif word, maar omdat MacDonald siek was, is die operasie uitgestel. In 2019 is die operasie weer uitgestel. In April vanjaar is die operasie weens Covid-19 uitgestel en daarom loop hy steeds met die penis op sy voorarm rond.

“Soms voel dit asof ek vervloek is.”

MacDonald wil steeds graag die operasie ondergaan en hy is vasbeslote dat die penis uiteindelik sy bedoelde funksies sal kan verrig.

Foto: The Sun
Foto: The Sun