Katie, wat die video geneem het en by ‘n kroeg in Wes-Australië werk, gesels met die kangaroes as sy soggens aan diens kom vir werk.
Sy herinner hulle dat die kroeg eers 11:00 oopmaak en dat hulle nie nodig het om so vroeg daar te wees nie.
Dit gebeur blykbaar elke oggend.
Die kangaroes word speels op die naam aangespreek terwyl sy hulle by die perseel probeer uitkry en kos gee en terselfdertyd moet skoonmaak.
Hierdie kangaroes hou glo daarvan om by mense te wees en sy waarsku hulle om nie agter die kliënte aan te hardloop nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



