Sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, het op navraag van FiND-iT bevestig dat ‘n 4-jarige kind Donderdag deur ‘n hond aangeval is.
FiND iT het die polisie genader nadat daar beweringe was dat ‘n kleuter op Bonnievale deur ‘n pitbull-terriër aangeval is en na ‘n hospitaal gehaas is.
Geen kriminele saak was geopen vir ondersoek nie.
Geen ander inligting is beskikbaar nie.
Indien jy iets van die voorval weet, maak asseblief kontak met FiND iT.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



