Nóg ‘n kind dood na pitbull-aanval

Deel hierdie storie / Share this story

Nog ‘n kind is Sondag 20 November 2022 in die Vrystaat dood ná ‘n pitbull-aanval.

Polisiewoordvoerder, Mahlomola Kareli, het aan FiND iT bevestig ‘n kind is op Henneman dood ná ‘n pitbull-aanval.

Omstandigehede rondom die voorval is nog onbekend

Die aanval kom enkele dae nadat ‘n leerling van Primêre Skool Roseview, die 8-jarige Olebogeng Mosime, op Saterdag 12 November 2022 deur hul buurman se pitbull in Vista Park in Bloemfontein aangeval en gedood is.

Dié pitbull-aanval het sedertdien ’n herrie regoor die land en in die Mangaung-metro veroorsaak.

Mapaseka-Nkoane-Mothibi, onderburgemeester, het sedertdien bekendgemaak streng maatreëls vir troeteldiereienaars in die Mangaung-munisipaliteit gaan ingestel word, aangesien die metro beweeg in die rigting om sekere munisipale verordeninge vir honde-eienaars in werking te stel.

Daar word verneem dat meer as 30 pitbulls sedertdien na die DBV in Bloemfontein geneem is.

Hou FiND iT dop vir meer inligting.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel