Adjunk-president David Mabuza – motor van konvooi in ongeluk, lyfwag dood

Deel hierdie storie / Share this story

David Mabuza, die adjunk-president, se een voertuig van sy presidensiële beskermingsdienste-konvooi was vanoggend om 10:30 buite Middelburg Mpumalanga in ‘n ongeluk betrokke.

Kol. Athlenda Mathe sê een van sy lyfwagte het in die ongeluk omgekom, terwyl twee met beserings in die hospitaal opgeneem is. Die rugsteunvoertuig se band het gebars.

Die adjunk-president is ongedeerd.

‘n Strafbare manslag dossier is by Middelburg polisiestasie geregistreer.

Dit is die tweede ongeluk in slegs maande waarin sy konvooi betrokke is. Die vorige ongeluk was op 27 Julie op die N1 Noord in Middrand toe voertuie met mekaar gebots het. Hy was nie in die voertuig nie.

Bron: Mzilikazi Wa Afrika

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.