‘n Pitbull wat na bewering Sondagoggend ‘n driejarige kind aangeval het, is deur inwoners doodgebrand. Die inwoners het glo eers die hond met tuingrawe geslaan en met klippe gegooi voor hy uitgebrand is.
Die kind, wat oorlede is, is glo deur twee pitbullterriërs aangeval.
Volgens die polisie het een hond aan ernstige kopbeserings beswyk. Die ander pitbull is deur die dierebeskermingsvereniging (DBV) vir veilige bewaring geneem.



