Bosbouwerkers het Donderdag vir die eerste keer sedert vroeër vanjaar weer die vermoedelik laaste oorblywende Knysna-olifantkoei gewaar.
Die olifant is vroegoggend iewers tussen Sedgefield en Wilderness gesien. SANParke het gevra dat die presiese area nie bekendgemaak word nie.
Die olifantkoei het op 20 en 22 Mei vanjaar laas op Oubaas Fourie se plaas haar verskyning gemaak.
Daar word al lank ondersoek gedoen om vas te stel presies hoeveel olifante in die Knysna-bos oor is. SANParke se kamerastrikke het oor die jare net foto’s geneem van die een olifantkoei wat altyd alleen was.
* WAARSKUWING: Vuil taal word in die video gebruik.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



