KYK: Honderde skape loop vir 12 dae aaneen in sirkel

Deel hierdie storie / Share this story

Honderde skape het vir 12 dae aaneen in ‘n sirkel geloop in China se Mongolië-streek.

Die bisarre optrede, wat op kringtelevisie vasgevang is, wys hoe die groot trop skape aanhoudend kloksgewys in ‘n sirkel loop. Sommige skape staan buite die sirkel en sommige in die middel.

‘n Video van die vreemde toneel is deur People’s Daily op Twitter gedeel, wat berig het die skape is almal gesond en die oorsaak van die vreemde gedrag is nie bekend nie.

Die skape se eienaar, Ms Miao, sê die sirkel het eers net met ‘n paar skape begin voor die hele trop ingeval het. Die skape loop sedert 4 November in ‘n sirkel.

Sommige Twitter-gebruikers meen die skape se gedrag is weens die siekte listeriose, ook bekend as circling disease.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel