Die polisie en paramedici in die Isithebe-area in KwaZulu-Natal is vanoggend na ‘n toneel ontbied waar ‘n babaliggaampie in die rivier gedryf het.
Volgens IPSS Medical Rescue kon die paramedici met hul aankoms op die toneel bevestig dat dit die liggaam van ‘n vier maande oue baba is.
Volgens verslae het die baba tydens beurtkrag die vorige aand vermis geraak en alhoewel familie en die gemeenskap deurnag na die baba gesoek hst, is die baba nie gevind nie.
Lede van die gemeenskap wat vanoggend langs die rivier gaan stap het, het die baba se liggaam in die water raakgesien.
Die polisie is op die toneel om ondersoek in te stel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



