“Ses weke van bestraling en chemo agter die rug. 1 567 pille gesluk in die 6 weke en baie gebid!” So skryf Jan Bloukaas op sy Facebook-blad.
Jean du Plessis, die sanger se regte naam, het in September in ‘n emosionele video met sy aanhangers gedeel dat hy met breinkanker gediagnoseer is.
Hy het in die video verduidelik dokters het ‘n groot gewas op sy breinstam gevind, maar die gewas kan nie met chrurgie verwyder word nie. Hy sou wel bestraling ontvang.
“Dankie aan die amazing span by N1 Netcare Oncology. Julle is die beste ❤️ aan my ouers: mamma en pappa het my regtig gedra deur hierdie tyd en ek sal dit nooit ooit terug kan betaal nie. Ek is baie lief vir julle. Alle eer aan God!!!! Ek het al week 1 opgegee en God hou my nou nog by my kraag op. Volgende week release ek ‘n nuwe liedjie! Over and out. ❤️”
Du Plessis het onlangs sy nuwe enkelsnit, Sweef, uitgereik.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



