Vermiste man gekry waar hy aan boom hang

Deel hierdie storie / Share this story

‘n 27-jarige man wat sedert Donderdag vermis was, Vrydagmiddag gevind waar hy aan ‘n boom in Oakford, KZN gehang het.

Reaksie-eenheid Suid-Afrika (Rusa) het omstreeks 17:57 ‘n oproep ontvang nadat ‘n veewagter op die man afgekom het.

Met hul aankoms is reaksiebeamptes en Rusa-paramedici ongeveer 500 meter van die pad af na ‘n boom naby die Oakfordrivier waar die liggaam van die man gehang het. Hy was met ‘n tou aan ‘n tak vasgebind.

Omstandighede wat tot die voorval gelei het, kon nie bevestig word nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel