‘Charlize, jy moet jou hart vir Jesus gee,’ sê pastoor Rooies Strauss

Deel hierdie storie / Share this story

Terwyl baie Suid-Afrikaners nog lag vir die memes oor Charlize Theron se uitlatings oor Afrikaans wat besig is om te sterf, het pastoor Rooies Strauss gesê dat hy haar nie wil uittrap nie, maar dat sy haar hart vir die Here moet gee.

Pastoor Strauss, krokodilboer van Groblershoop en Christen-leier, het Saterdag op Facebook in ‘n boodskap aan Charlize Theron gesê dat hy maar die boodskap in Afrikaans tik, want hy glo sy sal dit verstaan.

“Ek wil jou nie uittrap nie. Ek besef sommige van die Afrikaanssprekendes is kwaad vir jou. Ja, mens moet maar eers dink voor jy praat. Maar ek is die laaste een wat jou daarop kan kap, my tong is ook partykeer vinniger as my verstand. Ek dink jy is ‘n goeie aktrise. Ek dink jy het goeie opgang gemaak en ons is trots – WANT EINTLIK IS JY TROTS AFRIKAANS.

“Maar jy gee God nie eer nie. Jy bevorder gay regte. Ek is nie gepla oor jou uitspraak oor Afrikaans nie – ek is meer gepla oor waar ons gaan wees wanneer ons ons asem uitblaas. Gee asb jou hart vir Jesus. Lekker dag!

“I am learning to speak English and then we can talk nice in the future. And I think there is a few good memes about the “44”. Also there is some pigs that make bad jokes that is not nice. Jesus loves you and Afrikaans people make sure you now (sic) Jesus môre (sic) than Afrikaans. If you can stand up for God like some of you stand up for Afrikaans – SA wil change.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel